Volspoed Adele Reynders

ISBN:

Published:

Kindle Edition

84 pages


Description

Volspoed  by  Adele Reynders

Volspoed by Adele Reynders
| Kindle Edition | PDF, EPUB, FB2, DjVu, audiobook, mp3, RTF | 84 pages | ISBN: | 4.37 Mb

Al is Volspoed n kykie na die lewe deur die oë van n veertienjarige seun met die ambisie om eendag n renjaer te wees, is dit beslis eerder n boek vir volwassenes.Renier du Plessis se drome verskil radikaal van dit wat sy pa vir hom beplan in dieMoreAl is Volspoed n kykie na die lewe deur die oë van n veertienjarige seun met die ambisie om eendag n renjaer te wees, is dit beslis eerder n boek vir volwassenes.Renier du Plessis se drome verskil radikaal van dit wat sy pa vir hom beplan in die lewe. Pa Frank is n kwaai man. Hy is baie strenger as enige van Renier se vriende se pas.

As Renier kon kies, sou hy eerder sy oom Bobby se seun wou wees. Oom Bobby wat as Bob Duplé bekendheid verwerf het as renjaer.Pa se ander broer, oom Christo is n nooddienste dokter, wat met n rooi geel en wit BMW rondjaag om mense se lewens te red. As hy nie op die pad is nie, dokter hy mense gesond in die nonne se verwaarloosde rooibaksteen hospitaaltjie.Oom Christo haat mooi vroumense.Hy hou egter bietjie meer van hulle as hulle half siek of half dood is.

Ma beweer hy is verbitterd omdat sy mejufrou Suid-Afrika look alike vrou hom tien jaar gelede gelos het.Renier wens so dat oom Christo so ietsie vriendeliker met Rozan Schultz sal wees, wanneer hulle na haar plek toe gaan om te onderhandel om haar oorlede man se kar te koop. (Die ou kar moet n stampkar word, maar dis eers n geheim.) Tevergeefs, want Christo en Rozan sien van die eerste oomblik af nie oog tot oog nie.

Inteendeel, hulle gluur mekaar aan soos twee armdruk kampioene in n warm kroeg. En dit gebeur elke keer. Totdat Renier daardie dag sien hoe oom Christo, tannie Rozan se kar agterna kyk toe sy links draai by die verkeerslig en hulle reguit aan moet ry. Hy kon sweer daar is n halwe glimlag om sy oom se mondhoeke.Alles wat oom Christo doen is oukei.

Hy moes net nie voorgestel het dat Jakes Venter vir Renier moet help om sy kar reg te maak nie. Al sê party mense: Gee vir Jakes n boomstomp en vier wiele en voor die son sak, ry iemand daarmee.



Enter the sum





Related Archive Books



Related Books


Comments

Comments for "Volspoed":


mosel-wein.eu

©2013-2015 | DMCA | Contact us